Dink Jy Nou? Testo

Testo Dink Jy Nou?

in die kronkelgange van my verstand loop bloos en uitbundig hand aan handontelbaar deure om oop te maak en kussings om aan die slaap te raak
in die dobbelsale van jou verstand loop vroom en onheilig hand aan hand
ontelbaar keuses in die dobbelspel maar jy dink nie voor jy spring nie en so stook jy jou hel
op die growwe paaie van ons bestaan ry strak gesigte in die stadige baan
hul oë skop styf as sirenes loei, hul oë draai weg as kinders bloei
is daar ontsnapping uit die doolhof van foltering?
malhuis van die werklikheid? karnaval van verbeelding?
dink jy nou? dink jy nou? koue kobus, dink jy nou?
te moeg vir die lewe, te bang vir die dood
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy