Die Swart Testo

Testo Die Swart

'n verkyker, 'n spieëlen die sap in my brein
my enigste bagasie op die lewenstrein
my verkyker is kragtig
hy kyk nogal ver
maar soms is daar wolke wat my visie versper
die swart onder my vingernaels
vertel die hele naweek se verhaal
my verkyker kyk en kyk
maar die lens raak te gou vuil
ek soek my wasige toekoms om dit vir 'n ander te verruil
maar my kyker raak al swakker
terwyl my trein verder stoom
en die lense kyk net terug in die kompartement van my droom
en die swart onder my vingernaels
word my verkyker se hartseer verhaal
die swart onder my vingernaels
vertel die hele naweek se verhaal
ek kyk maar weer terug na die oë in die spieël
wat argeloos staar na my gillende siel
en ek sien 'n onseker gesig
wat al meer na 'n dier s'n lyk
in die dertig watt lig
die swart onder my vingernaels
vertel die hele naweek se verhaal
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy