Stanley En Die Koei Testo

Testo Stanley En Die Koei

Kom ek vertel jul van Stanley de WittHy's Stoffel Bek se neef en hy woon op Ladismith
Eendag het hy en sy pa vroeg gery
Calitzdorp toe om n koei te gaan kry
Hulle ry met pa se bakkie oor die Hexrivier se pas
Stanley vra sy pa: hoe maak ons koeitjie vas?
Moet jou nie bekommer nie, ek sal stadig ry
Gaan sit jy agterop en keer as koei wil gly
KOOR:
Schekelinge ..
Een vir n geel pampoen, twee vir n rooi veldskoen
Hoe lekker kry ek nou
Hulle laai toe die koei op, is reg vir die rit
Met sy arms op die reling het ou Stanley gesit
Stanley ou seun, luister nou mooi
Roep maar as sy rondspring sal ek die ankers gooi
Stanley sê: Ja-nee, dan maak ons maar so
Al is pa bietjies doof sal pa my seker hoor
KOOR (1 x)
Hulle's Calitzdorp uit, terug oor die pas
Stadig om die draaie en koeitjie staan mooi vas
Maar teen die eerste steilte, toe begin die pret
Pa gooi die ratte en hy gee die bakkie vet
Stanley roep en skree, hy skrik om amper dood
Want toe hy vir hom weer kom kry sit koeitjie op sy skoor
KOOR (1 x)
Ja dit is die storie van Stanley de Witt
En sy pa en die koei en die nagmerrie-rit
Want dwarsdeur die berg tot in Ladismith
Het die koei op sy skoot die hele pad bly sit
KOOR (2 x)
Om elke hoe
En om elke draai
So tussen Stan se knieë
Het haar uier rondgeswaai
KOOR (2 x)
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy