Sondebok Testo

Testo Sondebok

Terwyl jy jouself voer met hierdie gif
Staan ek op die kantlyn, effens oorbluf
Want alles wat jy sê maak al hoe minder sin
Onmoontlik om te weet of jy die waarheid spin
Sondebok
Jy gee my die krediet
Ek het jou lewe opgefok
Onthou net jou limiet
Die mantel van skuld pas my net nie meer nie
Jaag my weg na die woestyn want jy kan my nie beheer nie
Jou vroom fariseër
Jou stuurman-aan-die-wal
Die gat wat jy grou gaan jy self in val
Sondebok
Ek het oneindige geduld
Nou kry jy my voor stok
Maar jy is diep in die skuld
Nou is jy gefrustreerd, jou tyd het verstryk
Nou foeter jy maar aan in jou eie doderyk
Sondebok
Jy pak die skuld op my
Jy koester die ou wrok
Maar ek is lankal vry
Sondebok
Ek is jou sondebok
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy