Kom Hier Testo

Testo Kom Hier

Die skemer deursigtig met die donker medepligtig
Wat my oë geleidelik toe-forseer
In my kop klop 'n hangover
'N bier sal dit wegtower en dit besweer
Maar ek kan nie kan nie kan nie
Langer so aangaan nie
Want my liggaam en my brein en die son verstaan nie
Met my rug teen die muur
Hou ek aan bestuur
Maar my oë in die spieël
Spoeg vuur
Kom hier
Die son brand my oë
Dis heeltemal te vroeg vir nog 'n bier
Maar die sixpack skree
'Kom hier'
Ek sien hom te laat om te probeer
Briek
Sy lyf kraak dof en dit maak
My siek
Toe ek sien hoe hy spat na die kant van
Die pad
En ek kan sien sy lyf is nat
Van die bloed wat gesmeer is oor
Die bonnet van my kar
Ek raak baie ongemaklik want sy oë
Het verstar
In 'n waas
Soos 'n blinde haas
Oh my fok wat op aarde nou
Wat de moer gaan ek sê vir sy kinders en sy vrou
Wat sal ween sal praat en sal aanhou haat
En ek kyk oor my skouer want dis
Dalk te laat
Maar die vlakte gaap kaal asof
Niks gebeur het
Asof dit sê 'So much vir jou groot probleem'
Met hierdie nuwe insig klim ek terug in my kar
Maar my hande bewe en ek is in die war
Wat was sy naam?
Waar kom hy vandaan?
Ek raak paranoid dat die kar sal gaan staan
En elke sekonde ry ek verder weg
En voel bekommerd en bedonnerd
Selfs die bier smaak sleg
Kom hier
Die son brand my oë
Dis heeltemal te vroeg vir nog 'n bier
Maar die sixpack skree
'Kom hier'
[Om die volgende klompie maande motors teen 'n verwoede tempo te bou]
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy