Kan Jy My Sê Testo

Testo Kan Jy My Sê

Hierdie ou het my eenkeer 'n lift gegee
Vanaf 'n bar met 'n foto van Frik du Preez
Het het sy 3 laaste rum and cokes haastig geskink
'N bietjie kak gepraat en hulle vinnig gedrink
Toe hy probeer opstaan moes 2 pelle hom stut
Die ander mense in die bar het hulle koppe geskud
En ek het besef nou speel ek met vuur
Maar ek sou eerder vrek as om hierdie kak dorp te verduur
Kan jy my sê wat nou skielik fout is
Kan jy my sê hoekom ek skielik so benoud is
Kan jy my sê hoekom dit skielik so koud is
Hy het soos 'n besetene gejaag
Kranksinnig onbewus soos 'n sprinkaan in 'n plaag
Alles toegewasem
Die sig was hond-swak
Die kar se voorruit was vuil en vol voëlkak
Ek moes 'n paar keer die stuurwiel pluk
Sy bakkie uit die pad van 'n ander kar ruk
Ek sien nog 'n kar
Ek reageer te laat
Ons tref die ander bakkie voor hy verder kon praat
Kan jy my sê wat nou skielik fout is
Kan jy my sê hoekom ek skielik so benoud is
Kan jy my sê hoekom dit skielik so koud is
Die ding het gerol, maar ek was ok
Ek definitief beter gelyk as hy
Uitgevlieg by die ruit hy het sy been gebreek
Daar het ribbes deur sy t-shirt na buite gesteek
Sy oë het styf geword en net so gebly
Hy het gefokus op die groot niks reg bokant my
Hy skree van 'n lig
En van 'n gesuis
Hy gryp my baadjie met 'n spierwit vuis
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy