Iets Om Te Blameer Testo

Testo Iets Om Te Blameer

Die lug is bedompig op Skimmelperdpan
Slim het nou finaal sy baas gevang
Dis 'n ernstige saak vir groot en klein
Nou soek almal bloed
En oom Chris please explain
Lede van die jurie, regtig, ek sweer
Dis die duiwel se skuld
Hy't my manipuleer
Ek het soos gewoonlik huisbesoek gedoen
Die volgende oomblik was ons aan die soen
Rêrig, ek was totaal verdwaas
Verbaas, geskok, amper uitgepass
Dis die duiwel se skuld dat my trein ontspoor
Ek het in my moer in beheer verloor
Een of ander tyd soek almal
Iets om te blameer
Jou ma
Jou pa
Die musiek die duiwel
Die bediende of dié wat die land regeer
Pak die skuld op iemand anders
Dit maak minder seer
Soek iets om te blameer
Daar was 'n groot ontploffing met bolle rook
Iemand skree 'Check die fokken spook!'
Want agter die swael en donderweer
Sê die duiwel 'Nou praat jy kak, meneer!'
Sy oë het geblits
Sy pak was skoon
Hy was aangetrek soos 'n pimp-demoon
Half rooierig-pers in die gesig en half bles
'N tattoo op sy kop wat sê '666'
Nee, kyk, die perd was reguit uit die hel
Self 'n Ricky Martin
Badge op die lapel
Sy ken gepunt
Sy wenkbroue swaar
In sy linkerhand was 'n vet sigaar
Sy stem het gedonder deur die hele plek
'Kom nou oom Chris
Nou skiet jy spek
Ek kon nie help om te hoor hoe jy my blameer
Vir alles en nog wat wat in jou lewe makeer
Jy wou en jy het vir Dolores gegryp
Jy het blindelings die kat in die donker geknyp
Fok jou, my maat, daarvoor is ek moeg
Dis 'n skande hoe jy altyd met my kallers ploeg
Roei jou eie bootjie, man, jou slapgat
Dis tyd om self verantwoordelikheid te vat'
Een of ander tyd soek almal
Iets om te blameer
Jou ma
Jou pa
Die musiek die duiwel
Die bediende of dié wat die land regeer
Pak die skuld op iemand anders
Dit maak minder seer
Soek iets om te blameer
Alles word stil
Die rook verdwyn
Die duiwel kyk bekommerd na die nagmaalwyn
Almal is gevries en deur die blare
Almal staan rond soos soutpilare
In hierdie stilte kom 'n klop aan die deur
Oom Kallie sug 'Dis buite beheer'
Want voor die deur so bleek soos was
Tjank Dolores in haar kamerjas
'Sharrap julle almal
Ek is aan die woord
Of jy nou in die hel of op die aarde behoort
Hou jou hande van hom af
Want ek het hom lief
Hy maak my gelukkig
Los hom asseblief'
ou Nic skud sy kop en hy kyk na bo
'Nou like sy hom skielik
Kan jy dit nou glo?
Op hierdie skaars oomblik wou ek hulp verleen
Maar hoe haar kop werk weet die Here alleen'
Met hierdie laaste woorde was die duiwel weg
En die Ruiter sê 'Nou voel ek sleg'
Eat verder gebeur het
Is bietjie van 'n blur
Maar Oom Chris en Dolores gaan eet toe by die Spur
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy