Bloureier Testo

Testo Bloureier

Met 'n fiets en 'n bottel brandewyn
Trap hy deur die dryfsand
Maar die wiele verdwyn
Die son bak die aarde
Hy's natgesweet
Hy's lankal dronk en hy't sy woorde vergeet
Want die vrou in die eensaam groendakhuis
Hou haarself nou al vir maande kuis
Met 'n koue skouer
Elke keer as hy in die spieël kyk word sy kouer
Hy steier
Op en af soos 'n groot bloureier
Sy het hom weer geweier
Sy gryp eers die blomme
Smyt dit dan terug
En slaan die deur toe in sy gesig
Hy steier weg of 'n slang hom pik
En hoes en proes asof hy verstik
Hy gryp 'n potplant en smyt dit na die deur
En skree eina eina eina Eva
Hoekom maak dit so seer
Hierdie koue skouer
Elke keer as hy in die spieël kyk word sy ouer
Sy vloek van binne
Die deur vlieg oop
Sy wys hom die snoet van die dubbelloop
'Luister hier, Johannes de Boer
Af van my werf
Ek blaas jou na jou moer
Blameer my nie vir jou lyding en pyn
Gee my net daai bottel brandewyn'
Ek word kouer
Elke keer as ek in die spieël kyk brand ek flouer
Sy steier
Op en af soos 'n groot bloureier
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy